VF Plus veroordeel onwettige munisipale staking in Mbombela

Loading player...
Stakende munisipale werkers van die Mbombela-plaaslike munisipaliteit het die afgelope paar dae vullis en rommel in die strate van Mbombela gestrooi aan die vooraand van die Springbokke se rugbywedstryd teen die All Blacks.
Intussen stroom plaaslike en internasionale besoekers na die dorp vir die wedstryd môre in die Mbombela-stadion in Nelspruit.
Freddy Robertson VF Plus-raadslid in Mbombelam sê personeel van die departement van gemeenskapsdienste wat met afval werk, probeer om met die staking druk op die munisipaliteit plaas om hoër salarisse.
"Die VF Plus verwelkom die wyse waarop die nuut verkose algemene bestuurder, Luckie Sihlangu, regmatige aksie geneem het teen die stakers. Die waarheid is egter dat dit moontlik nooit sou plaasgevind het indien daar die afgelope paar jaar strenger dissipline en beter bestuur in die departement was nie."
5 Aug 2022 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min