Finale waarskuwings vir vier werknemers in die wildtuin na luiperdvideo

Loading player...
SANParke het aan hul vier werknemers wat betrek word by 'n video waarin 'n dooie luiperd in die Krugerwildtuin geslaan word, finale geskrewe waarskuwings gerig. Woordvoerder, Ike Phaahla, sê van hulle het geen vorige oortredings nie, maar weens die erns van die saak en die reputasieskade wat aangerig is deur hul optrede, is daar besluit op dié straf. Slegs een man, ‘n besoeker aan die wildtuin is verfilm waar hy die karkas van die dier, wat van kant gemaak is, slaan. Hy is toegang belet.
28 Jul 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min