Ondersoek na luiperd-video môre verwag

Loading player...
SANParke sal na verwagting môre die uitslag van hul ondersoek bekendmaak na ‘n video waarin mense die luiperd slaan wat op 17 Julie in die Krugerwildtuin van kant gemaak is aan die lig gekom het. ‘n Werknemer van SANParke is geskors.
Die video is geneem terwyl die luiperdkarkas vir ‘n nadoodse ondersoek geneem is. Die dier is vank kant gemaak na ‘n werknemer in die Shalati-konsessie aangeval is.
Volgens Ike Phaahla is vier van die nege mense hul eie werknemers, drie werk vir konsessies binne die wildtuin. Die een wat die slaanwerk gedoen het, was ‘n besoeker.
26 Jul 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min