Laeveldse beeldende kunstenaar stel boek bekend saam met Innibos

Loading player...
Die bekende plaaslike beeldende kunstenaar, Ilona Petzer, stel die naweek haar pas gepubliseerde boek, “Hartskos in die bos / Straatwys in Parys” saam met Innibos bekend.
Annemarie van der Walt van Innibos sê die twee wêrelde van Europa en die Bosveld vind hierin neerslag in die kort essays en gedigte en kunstenaarswerke.
Dis is Saterdag om 14:30 by die Damhuis Kutsaga op die Friedenheim-plaas langs die Universiteit van Mpumalanga. RSVP by 083-289-3823 om die gratis bekendstelling by te woon.
26 Jul 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min