Ses vas wat met lisensies konkel

Loading player...
Ses mense het Maandag in die hof vir kommersiële misdaad in Nelspruit verskyn, nadat hulle glo 60-miljoen-Rand van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid gesteel het. Vyf aangeklaagdes is voormalige werknemers van die departement en die sesde van die Mbombela-registrasiegesag. Volgens die Valke het hulle saam met vragmotoreienaars gekonkel om hul voertuiglisensies te hernu deur die stelsel te manupileer en die geld in eie sak te steek. Elkeen is borgtog van R15 000 toegestaan. Die saak is uitgestel tot 29 September.
20 Jul 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min