Boer ry glo kinders om op sy plaas

Loading player...
'n 41-jarige man wat na bewering twee minderjariges met sy kar omgery het, en ‘n derde aangerand het, doen vandag aansoek om borgtog in die Ermelo-hof.
Volgens kolonel Donald Mdhluli het Louis Johannes Grobler glo Vrydag die kinders van onderskeidelik 10, 11 en 13 jaar oud van diefstal beskuldig op 'n plaas in die omgewing. Hy het Maandag verskyn en staar twee klagte van poging tot moord en een van aanranding met die doel om ernstig te beseer in die gesig.
20 Jul 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min