Drie lyke in uitgebrande kar op plaas in Pienaar ontdek

Loading player...
Die polisie ondersoek drie sake van moord na die oorskot van drie mense Vrydag in ‘n uitgebrande voertuig gevind is op ‘n plaas in Pienaar buite Nelspruit. Volgens die polisie is hulle onherkenbaar verbrand. Kolonel Donald Mdhluli sê die Hyundai i10 is die middag deur ‘n plaaswerker ontdek. Een slagoffer was in die bestuurderssitplek, een in die passassierssitplek, en een in die kattebak. Hul identiteite is onbekend. Enigiemand met inligting is gevra om dit met die polisie te deel.
18 Jul 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min