Twee aangekeer wat glo mediese student in Elukwatini vermoor

Loading player...
Twee verdagtes is aangekeer in verband met die moord op ‘n 26-jarige mediese student in Elukwatini. Wiseman Zwane was besig met sy opleiding aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy liggaam is verlede Woensdag met steekwonde in ‘n rivier in Nhlazatshe ontdek. ‘n 18-jarige het gister in verband met die moord in die hof verskyn. ‘n 17-jarige wat ook aangekeer is, is tans onder polisiebewaking in die hospitaal na hy glo deur gemeenskapslede aangerand is. Die saak uitgestel tot 19 Julie vir ‘n formele borgaansoek.
12 Jul 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min