Eenjarige in been getref by begrafnis in Pienaar

Loading player...
‘n Eenjarige dogtertjie is Saterdag tydens ‘n begrafnis in Pienaar in die been geskiet. Volgens die polisie het sy in haar erf, wat langs die begrafplaas is, gespeel toe skote tydens die seremonie afgevuur is.
Sy is in die hospitaal behandel. Die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord. Enigiemand met inligting is gevra om dit met hulle te deel by 08600-10111. Die provinsiale polisiekommissaris, luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het by monde van Kolonel Donald Mdhluli te velde getrek teen die gebruik van vuurwapens by begrafnisse.
11 Jul 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min