Laeveld protesaksie: Dag 2 - KLCBT maak voorbrand vir weermagontplooiing

Loading player...
Met die afgelope twee dae se proteste het die Kruger-Laeveld-sakekamer bontgestaan om toeriste by te staan wie se reisplanne omvêr gewerp is.
Agter die skerms fasiliteer hulle ook die ontplooiing van wetstoepassers van nabygeleë dorpe na areas wat in die Laeveld geraak word, en maak voorbrand vir die weemag om ook betrokke te raak.
Linda Grimbeek sê die aksie raak die ekononomie ernstig, en is op dag 2 grootliks gedryf deur opportuniste.
“Dit is belangrik om te onthou dat die proteste sporadies is en nie voorspel kan word nie," sê sy. "Moenie reis tensy jy absoluut moet nie.
7 Jul 2022 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min