Mpumalanga-vlugbalspelers blink uit in Stellenbosch

Loading player...
Die Mpumalanga-span keer terug van die Nasionale Skolesport-kampioenskappe
wat hierdie week by die Universiteit van Stellenbosch aangebied is met twee goue medaljes.
Die span het bestaan uit jong skaak-, netbal en vlugbalspelers. Die vlugbalspanne het met drie medaljes teruggekeer. Die seuns en dogters onder-17-spanne het goue medaljes verower en die dogters onder-14 brons. Mpumalanga het ook algeheel tweede geëindig in die kampioenskappe, na die Wes-Kaap. Woordvoerder, Gerald Sambo, sê die vlugbalspelers het verder verskeie top individuele toekennings gewen.
7 Jul 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min