Twee tweelinge sterf in brand in Hendrina

Loading player...
Twee tweeling boeties en sussies is in die vroeë oggendure dood toe hul gehug in die Marikana informele nedersetting in Hendrina aan die brand geraak het. Hulle was onderskeidelik 13 en 8 jaar oud. Mpumalanga polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê hulle is drie dae tevore deur hul ma in hul 17-jarige boetie se sorg gelaat. Daar word vermoed dat ‘n onwettige elektriese aansluiting die brand kon veroorsaak het. Dit word ondersoek. Beide hul ma en oorlewende boetie is na ‘n hospitaal in Middelburg geneem vir behanldeing vir skok.
4 Jul 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min