Hemelvaart

Loading player...
Psalm 24
'n Psalm van Dawid.
Die aarde en alles wat daarop is,
die wêreld en dié wat daar woon,
alles behoort aan die Here,
want Hy het die fondamente daarvan in die see gelê
en dit stewig gevestig in die waters.
Wie mag die berg van die Here opgaan
en wie mag in sy heiligdom gaan staan?
Dié een wie se hande rein en wie se hart suiwer is,
wat alle bedrog vermy en geen vals eed aflê nie.
So iemand sal van die Here seën ontvang,
en God, sy redder, sal reg aan hom laat geskied.
Die mense wat na sy wil vra en Hom dien,
is die geslag van Jakob.
Sela
Verbly julle, poorte,
wees bly, eeue-oue deure,
want die magtige Koning wil ingaan!
Wie is hierdie magtige Koning?
Die Here, sterk en geweldig,
die Here, oorwinnaar in elke stryd.
Verbly julle, poorte,
wees bly, eeue-oue deure,
want die magtige Koning wil ingaan!
Wie is Hy, hierdie magtige Koning?
Die Here, die Almagtige,
Hy is die magtige Koning.
3 Jun 2022 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

The Lord's Prayer

Braam Klopper & Theo Groeneveld discuss the themes: The Lord's Prayer, Jesus' Parable about Forgiveness, and Practical Insights (Matt. 6 & 18)
10 Jul 21 min

Persecution for our faith

Braam Klopper and Stewart Gordon discusses the theme: persecution comes with the territory of faith
3 Jul 21 min

Geduld

Braam Klopper gesels vandag oor die groot tema: Geduld
12 Jun 18 min