Adjunk-direkteur in rampbestuur vas oor bedrog met beskermende kleredrag in Mpumalanga

Loading player...
Die adjunk-direkteur van Rampbestuur in die Mpumalanga Departement van Samewerkende Regering is Maandag aangekeer vir borgtog en oortreding van die Wet op openbare finansiële bestuur.
Raymond Manzini word beskuldig dat hy onregmatig ‘n kontrak vir Beskermende Kleredrag toegestaan het aan Zalabantu Estate Trust, die maatskappy van sy vriend, Moses Ndlovu.
Manzini het hom finansiëel gehelp om dit te lewer en Ndlovu het daarna ses-miljoen-Rand in Manzini se broer, Chris, se bankrekening terugbetaal.
Die drie het gister in die Nelspruit-hof verskyn. Elk is borg van 15-duisend-Rand toegestaan. Hulle verskyn weer op 28 Julie. Volgens die Valke word nog arrestasies verwag.
31 May 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min