Tradisionele geneser aangekla van moord op sesjarige

Loading player...
‘n Tradisionele geneser en sy seun het vandag in die Kabokweni-hof verskyn in verband met die moord op die sesjarige Bontle Mashiyane.
Haar lyk is Saterdag ontdek, drie weke na sy op 30 April verdwyn het.
Samuel Tsela en Philasande Tsela is aangekla van ontvoering, verkragting en moord.
Volgens Brigadier Selvy Mohlana sal hulle op 24 Junie weer verskyn, saam met drie mense wat gister aangekla is.
Die huise van twee van die aangeklaagdes, sowel as Tsela s’n, is gisteraand deur die gemeenskap afgebrand.
24 May 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min