Vermeende moordenaars van sesjarige bly in aanhouding

Loading player...
Drie mense het vandag in die Kabokweni-hof verskyn vir die moord op die sesjarige Bontle Mashiyane buite Witrivier.
‘n Buurvrou van die slagoffer (Ntombi Mgwenya), haar moord-veroordeelde kêrel (Collen Hlongwane) en die 25-jarige Thapelo Ngomane word aangekla van ontvoering, mensehandel, verkragting en moord.
Hulle wou nie vir borg aansoek doen nie en verskyn weer op 24 Junie.
Brigadier Selvy Mohlana sê haar liggaam is gedeeltelik ontbind in dik bosse gevind, sowat 2-kilometer van haar huis af.
23 May 2022 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min