RFL terug in nuwe gedaante vanjaar

Loading player...
KANSA se Relay for Life maak op 11 Junie sy terugkeer na die Laeveld wanneer dit by Eagle's View-park plaasvind. Vanjaar is dit heelwat korter as die gebruiklike deurnag-aflos en is slegs 'n paar ure. Dit sluit steeds die aller-belangrike Luminaria-seremonie in om mense wat aan die siekte afgestaan is, te onthou.
Individue of groepe van gesinne, vriende of ondernemings kan inskryf vir die aflos. Elsie Fourie het meer.
18 May 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min