Polisievrou en haar suster in Kanyamazane vermoor

Loading player...
Twee susters is gisteraand in Kanyamazane doodgeskiet deur die een se mansvriend. Volgens Brigadier Selvy Mohlala het die verdagte en sy vriendin, Marcia Mazibuko, ‘n argument gehad. Haar suster, ‘n polisiesersant verbonde aan die Ngodwana-stasie, het tussenbeide getree. Die man het sy vriendin later geskiet in die kar waarin sy probeer vlug het. Sersant Pretty Mazibuko is in die huis geskiet voor die verdagte gevlug het. ‘n Mannejag is geloods. Polisie vra dat Rassie Nkuna hul kontak, aangesien hulle glo hy hulle in die ondersoek kan help.
16 May 2022 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min