SPAR Grand Prix-reeks vanjaar ook in Mbombela

Loading player...
Mbombela het Pietermaritzburg vervang as gasheerstad vir vanjaar se SPAR Grand Prix-reeks. 1,7 miljoen-Rand in prysgeld is op die spel oor die reeks van ses padwedlope vir vroue. Dit skop op 28 Mei in Gqeberha af. Die Mbombela-wedloop vind op Saterdag, 16 Julie, plaas.
Die SPAR-groep se Charlene Subbarayan sê dit sal ook geleenthede bied vir gemeenskapsorganisasies om betrokke te raak.
Weens Covid-regulasies word elke 10 km beperk tot 500 uitgenooides, maar die SPAR Vroue Virtuele-uitdaging vind wel op 3 September plaas.
12 May 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min