Polisiebeampte vasgetrek met vermeende gesteelde goedere

Loading player...
‘n Polisiebeampte is in Kabokweni aangekeer op klagte dat hy in besit was van gesteelde goedere, na dakkappe, tydens 'n kaping by Phola Park gesteel is, glo in sy besit gevind is.
‘n Vragmotor wat dit vervoer het, is op 6 Mei gekaap. Die items is by die 49-jarige AO Elvis Oswald Chirwa se huis gevind.
Hy het Maandag in die hof verskyn en sal Vrydag om borgtog aansoek kan doen.
Verder is ‘n man gister op die N4 naby Malalane vasgetrek met ‘n karvrag vol dagga. Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sal die 33-jarige verdagte vandag in die hof in Matsulu verskyn.
11 May 2022 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min