Nog ‘n skool brand in Mpumalanga

Loading player...
Die provinsiale departement van onderwys is bekommerd oor toenemende diefstal en beskadiging van skool infrastruktuur.
Dit na ses klaskamers met meubels en leermateriaal by Hluvukani laerskool in Agincourt Maandagoggend aan die brand gesteek is.
Volgens 'n woordvoerder, Gerald Sambo, heers daar reeds weke proteste oor dienslewering in die area wat onderrig onderbreek het.
Hy sê tydelike klaskamers sal verskaf word om onderrig vir nou moontlik te maak.
10 May 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min