Krugerwildtuin sê oor olifant-bevolking

Loading player...
Die Krugerwildtuin sê hul doelwit is nie op olifantgetalle te reguleer nie, maar eerder impakte op 'n gelokaliseerde skaal te bestuur. Dit is in reaksie op die versoek van Wildbedryf Suid-Afrika (WRSA) wat vra dat die uitdunning van olifante so spoedig moontlik weer hervat word, om erge skade aan natuurlewe weens oorbevolking te vermy.
Woordvoerder, Ike Phaahla, sê egter die wildtuin kan veel meer olifante huisves as in vroeër-jare, en dat dit 'n baie meer komplekse benadering verg as blote nommers.
3 May 2022 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min