DA vra LUR moet ingryp by Mpumalanga munisipaliteite se Eskom-skuld

Loading player...
Die DA het die LUR vir samewerkende regering in Mpumalanga, Busisiwe Shiba, gevra om in te gryp en te verseker plaaslike owerhede betaal Eskom wat hulle verskuldig is.
Trudie Grovè-Morgan sê die veral sake-ondernemings word gekniehalter deur lasvermindering wat sedert Maandag in dele van Ehlanzeni en Nkangala Distrikte toegepas word.
Tien munisipaliteite skuld Eskom tans 'n totaal van 13,2-miljard-Rand.
29 Apr 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min