Man vas vir 100 kg dagga

Loading player...
'n Man is in Carolina betrap met meer as 170-duisend-Rand se dagga. Volgens die polisie is die 28-jaige Sifiso Nkomo aangekla van onwettige daggahandel. Hulle ondersoek ook of hy die dagga van Eswatini die land ingesmokkel het.
Hy is Maandag aangekeer tydens 'n patrollie deur polisielede wat sy bakkie gestop en deursoek het.
Meer as 100 kilogram dagga is in 31 swartsakke ontdek.
Hy is Dinsdag in die hof borgtog van 10-duisend-Rand toegestaan en verskyn weer op 13 Junie.
27 Apr 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min