Vermeende korrupte veldwagters bly in aanhouding

Loading player...
Die twee veldwagters van die Krugerwildtuin wat aangekla word van korrupsie, bedrog en geldwassery het gister in die Skukuza-hof verskyn.
Daniel Maluleke en Solly Ubisi is Saterdag in Skukuza in hegtenis geneem weens bewerings dat hulle taktiese inligting aan renosterstroping-sindikate verskaf het in ruil vir groot bedrae geld.
Volgens die Valke se Dineo Sekgotodi is dit oopgevlek tydens ‘n ondersoek na hul finansies.
Hulle sal op 4 Mei om borgtog aansoek doen.
26 Apr 2022 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min