Innibos hou eersdaags in jou huis teater

Loading player...
En ten slotte: Innibos skop eersdaags af met die In Jou Huis teater-reeks. Vanjaar se fees, met die tema “Heeltyd Feestyd” is ‘n klomp kleiner kuns geleenthede wat deur die jaar versprei is.
Philna Scholtz, Innibos Programbestuurder, sê die musiekteater-reeks skop op 4 Mei af met Johny Klein en Frazer Barry. Soos met verlede jaar se huis-konsertreeks vind dit op uitnodiging by privaathuise plaas, maar alles word regstreeks op 100.5FM uitgesaai.
Op 1 Junie is Bibi Slippers en Jak de Priester aan die beurt, en op 5 Oktober Andries Bezuidenhout en Koos Kombuis.
22 Apr 2022 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min