Lions-klub Nelspruit reik uit na KZN se vloedslagoffers

Loading player...
Die Nelspruit Lions-klub het 'n projek geloods om noodvoorraad in te samel vir mense wat deur die vloede in KwaZulu-Natal geaffekteer word.
Koos Schoonraad van die klub sê dit bied die Laeveld-gemeenskap die geleentheid om hulp te verleen. Alle skenkings as deur Lions-klubs in KwaZulu-Natal versprei na waar dit nodig is. Nie-bederfbare kos, water asook klere en komberse word dringend benodig. Die vragmotor vertrek Sondag.
20 Apr 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min