Plaaslike aktrise wen internasionale toekenning

Loading player...
Die 25-jarige Kristen Raath het die toekenning gewen vir beste aktrise in ‘n kortfilm by die Miami Internasionale Wetenskapfiksie Rolprentfees vir haar rol in die Suid-Afrikaanse kortfliek, “Weapon of Thought”.
Raath, ‘n oud-Laevelder, het aan Hoërskool Nelspruit gematrikuleer.
Sy is veral bekend as Amorey Welman in die sepie, “7de Laan” en het die rol van die jong Katja Kowalec vertolk in “Sade van Genade”, die radiodrama van haar memoir “Those Miraculous Sunflower Seeds”.
Raath sê daar is planne om dit tot 'n vollengte rolprent te ontwikkel.
14 Apr 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min