Leeus in Marloth is nou drie

Loading player...
Daar is nog drie opgeskote leeus los in Marloth Park.
In Desember is vyf leeus in die reservaat opgemerk. Gerrie Camacho van die Mpumalanga Toerisme en Parke-agentskap (MTPA) sê die groot mannetjie het intussen sy intrek by Lionspruit geneem en die groot wyfie, die ma van die drie oorblywende jonges, is baie lanklaas in Marloth Park gesien.
Die jong mannetjie en twee wyfies beweeg tussen Marloth Park, die rivieroewer en ‘n naburige plaas.
Die MTPA se strategie is om een van die leeus te vang en te merk om die ander twee te vind sodat almal geskuif kan word. Daar is egter verskeie uitdagings aan verbonde.
31 Mar 2022 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min