VF Plus vra Groen Skerpioene om Mpumalanga-munisipaliteit te ondersoek

Loading player...
Die VF Plus het ʼn klag ingedien by die Groen Skerpioene teen die Govan Mbeki-munisipaliteit in Secunda vir die wanbestuur van vullisterreine.
Volgens raadslid, Louise Jonker, word daar nie aan minimum vereistes soos toegangsbeheer, brandregulasies, omheining en rehabilitasie voldoen nie.
Sy sê die tarief wat gehef word vir vullisverwydering is die naasgrootste finansiële bydraer tot die munisipaliteit, maar word nie in die departement aangewend nie.
Dit besit ook 'n vloot van 20 vullisverwyderingsvragmotors, waarvan slegs agt tans in werking is.
28 Mar 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min