Vermeende transitorower in Schoemansdal aangekeer

Loading player...
‘n 36-jarige man, wat na vermoede met transitorooftogte verbind word, is gister in Schoemansdal aangekeer.
Volgens die polisie se brigadier Selvy Mohlala het die polisie gereageer op inligting oor drie verdagte voertuie.
Hulle het op ‘n Mercedes Benz, BMW en Ford Ranger toegeslaan. 'n Onbekende aantal verdagtes het te voet gevlug.
Ploftoestelle, vuurwapens en ammunisie, asook koeëlvate baadjies en balaklavas is in die voertuie gevind.
Mohlala sê hulle glo die verdagtes kan aan verskeie transitorowe gekoppel word weens nie aard en omvang van die gekonfiskeerde wapens en toerusting.
‘n Geslaagde transitoroof is Saterdag in Masoyi uitgevoer. Vrydag kon wagte ‘n poging tot roof afweer. Een is in die maag geskiet.
23 Mar 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min