Curro Nelspruit wy Sycamore-teater in met skouspel

Loading player...
Curro Nelspruit het gisteraand amptelik hul nuwe teater, die Sycamore, ingewy met ‘n kultuur skouspel.
Met die tema, "Reik vir die sterre" het leerlinge hul slag gewys agter die mikrofoon, op hul instrumente, met drama-opvoerings en, natuurlik, in dans.
Oud-sterleerlinge Mateo Komlosy en Thando Silinda het ook opgetree. Curro Nelspruit se uitvoerende hoof, Michael Bownes, sê daar is sowat twee jaar gelede besluit om die bestaande skoolsaal in ‘n behoorlike teater te omskep.
Mari Lategan van Curro Holdings het amptelik die rooi lint geknip voor die vertoning begin het.
16 Mar 2022 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min