Opposisie kritiseer prioriteite in Mpumalanga begroting

Loading player...
Opposisiepartye in die Mpumalanga wetgewer het hul mismoë uitgespreek met die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Vusi Mkhatshwa, se begroting vir die 2022/23 finansiële jaar. Hy het dit Dinsdag te tafel gelê.
Die DA se Bosman Grobler sê dit is teleurstellend dat dit geen daadwerklike planne bevat om werkloosheid onder die jeug hok te slaan nie en eerder die fondse vir jeug ontwikkeling met 8-miljoen-Rand besnoei.
Die VF Plus se Werner Weber sê geld word op die water gegooi met besteding aan wit olifant-infrastruktuur, terwyl toerisme en gemeenskapsveiligheid in die slag bly.
10 Mar 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min