VF Plus wil hê provinsie moet munisipale verval help keer

Loading player...
Intussen sê die VF Plus in Mpumalanga dat praatjies oor werkskepping, infrastruktuurontwikkeling en die herlewing van toerisme niks beteken sonder werkbare maniere oor hoe om dit te bereik nie.
Die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het Vrydag verskeie projekte aangekondig, ten spyte van die feit dat groot projekte al vir jare sloer.
Volgens Werner Weber het sy geen oplossings gebied oor wat gedoen gaan word om munisipaliteite te dwing om hul grondwetlike plig teenoor inwoners na te kom nie.
2 Mar 2022 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min