Pediatric Care Africa-fietsryers amper op pad huis toe

Loading player...
Pediatric Care Africa se “Ride for a Child”-fondsinsamelingsprojek staan al einde se kant toe.
Die motorfietsryers is op ‘n 7-duisend-kilometer rit om geld in te samel om mediese sorg aan behoeftige kinders te kan voorsien.
Hulle het vandag van Port St John’s na KwaZulu-Natal vertrek, en sal Saterdag terugkeer na Witrivier.
Dokter André Hattingh sê hulle het ongelooflike ondersteuning op die Tuinroete gehad: Saterdag by George en Sondag op pad Oos-Londen het hordes motorfietse by hulle aangesluit.
1 Mar 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min