Hoërskool Rob Ferreira en Laerskool Witrivier tekkel boeliegedrag

Loading player...
Hoërskool Rob Ferreira en Laerskool Witrivier het hande gevat om 'n teenboelieveldtog van stapel te stuur.
Willem Engelbrecht, wat saam met sy broer Jo Black, die "Be that guy"-inisiatief begin het, het gister by die skole met leerlinge en ouers oor boeliegedrag gepraat.
Loanette Caknis van Rob Ferreira sê hul doel is om beide die slagoffers en boelies te help.
Hulle hoop ook dit kring uit na ander skole, waar sy glo dié gedrag ook bestaan.
1 Mar 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min