Weer geen winterfees vir Innibos in 2022

Loading player...
Innibos het aangekondig dat die beste kunstefees in Suid-Afrika weens Covid-19 vanjaar nog nie na die formaat van voor die pandemie terug sal kan keer nie.
Bemarkingsbestuurder, Sandra Jacobs, sê daar word reeds beplan aan 'n baie groot fees vir 2023, maar huidige beperkings maak dit onwys om voort te gaan met 'n "gewone" fees vir die winter.
Vanjaar se program is aangepas om vanaf Maart elke maand 'n feesaanbieding te lewer. Dit bied optreegeleenthede aan kunstenaars, en geleenthede om die plaaslike ekonomie te stimuleer en ’n ondersteunende en opbouende rol in die plaaslike gemeenskap te speel.
Die program sal teen Maart-maand gefinaliseer word.
25 Feb 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min