Vermeende bedrieër vasgetrek in Limpopo

Loading player...
‘n 40-jarige man verskyn vandag in die Bosbokrand-hof op klagte dat hy werklose jeugdiges uit sowat 610-duisend-Rand bedrieg het.
Hy is gister in Lephalale, Limpopo, aangekeer. Hy het glo in ruil vir kontant aan meer as 75 mense plekke beloof by die opleidingskollege vir verpleërs in Mpumalanga.
Volgens die Valke het hy homself voorgedoen as ‘n beampte van die gesondheidsdepartement.
Twee vroue wie hy aangestel het om die voornemende verpleërs te werf, is in Mei verlede jaar aangekeer. Hulle kom weer op 31 Maart voor.
23 Feb 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min