TRACN4 Elands Marathon maak na 12 jaar 'n terugkeer

Loading player...
Die Elands Marathon maak op 7 Mei, na 12 jaar se afwesigheid, sy terugkeer tot die Laeveld hardloop kalender.
Vanjaar is TRAC aanboord as borg vir hierdie kwalifiseringswedloop vir die Comrades.
Die 42.2 km wedloop word hoofsaaklik op die N4 gehardloop, vanaf Waterval Boven tot in Ngodwana.
Daar is ook ‘n halfmarathon en 10 km. Registrasie is slegs aanlyn en sluit 2 Mei.
TRAC kommunikasiebestuurder, Solange Soares, sê dit maak sin om betrokke te raak omdat die Elands nog altyd op die Maputo deurgang gehardloop word.
22 Feb 2022 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min