Pediatric Care se fietstoer vorder goed

Loading player...
Pediatric Care Africa se “Ride for a Child”-inisiatief vorder goed.
Die motorfietsryers het Sondag uit Witrivier vertrek op die 7-duisend-kilometer rit. Dit is om geld in te samel om mediese sorg aan behoeftige kinders te kan voorsien.
Dokter André Hattingh sê hulle het vanoggend die sowat 780 kilometer Alexanderbaai toe aangedurf, nadat hulle gister in Upington aangekom het.
Hulle het nog nie teëspoed opgetel nie en het reeds sowat 2-duisend-kilometer afgelê.
Verskeie ander motorfietsryers het by hulle aangesluit.
Hulle sal ook die naweek op SABC-nuus verskyn.
18 Feb 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min