Pumas vang gees voor katgeveg in Mbombela

Loading player...
Die Pumas speel Saterdag by Mbombela-stadion gasheer vir die Cheetahs in hul Curriebeker-kragmeting.
As jy nog nie jou pienk ondersteunerstrui het nie, maak Vrydagmiddag ‘n draai by die piazza voor Doppio Zero by i'langa Mall.
Nie net hou die spelers vanaf 3-uur af ‘n ontmoet-en-groet met die publiek nie, daar sal vanaf 2-uur ‘n stalletjie wees met Pumas-handelsware.
Hulle gaan die oggend vanaf kwart oor 11 ook worsbroodjies by The Grove braai.
Marius van Rensburg, uitvoerende hoof van die Pumas, sê die publiek moet regstaan vir ‘n verrassing by I’langa Mall - kyk uit vir afrigter Jimmy Stonehouse en ‘n kamera.
17 Feb 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min