Gesoekte verdagte in polsieaanhouding

Loading player...
‘n Man wat beskryf is as een van die mees gesoekte kriminele in Mpumalanga sal vandag in die hof verskyn in Bosbokrand en Dinsdag in Mkhuhlu.
Die 21-jarige is Vrydag aangekeer en word verbind met verskeie misdade.
Dit sluit in 14 moorde, verkragting en ontvoering, aanranding met die doel om ernstig te beseer, brandstigting, huisbraak en opsetlike saakbeskadiging.
Een van die moorde was ‘n swanger vrou van Marite wie se liggaam in die Krokodilrivier naby Kanyamazane gegooi is na sy doodgeskiet is in Augustus.
Volgens brigadier Selvy Mohlala sal die verdagte na verwagting Woensdag vir die saak in Kanyamazane verskyn.
14 Feb 2022 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min