Barberton DBV sluit na 36 jaar sy deure

Loading player...
Die Barberton DBV sal na 36 jaar aan die einde van hierdie maand hul deure sluit.
Hulle sê in ‘n verklaring hulle ly reeds ‘n maandelikse verlies en moet van perseel verander, maar het bloot nie die finansies om die verlangde omheining, dienste en hokke by ‘n nuwe perseel op te rig nie.
Hulle sal vanaf 23 Februarie nie meer enige dienste lewer nie.
Enige gevalle van mishandeling kan van dan aan die Nelspruit DBV gerapporteer word by 013-753 3582.
11 Feb 2022 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min