Vonnis vir reeksmoordenaar verwelkom

Loading player...
Die sogenaamde “Masoyi-monster” is vandag tot 150 jaar agter tralies gevonnis vir die moorde op vyf vroue wat hy in 2018 en 2019 gepleeg het.
Die 24-jarige Julius Mndawe is tot lewenslank gevonnis vir elke moord, sowel as vyf jaar vir elke geval van regsverydeling.
Hy het sy slagoffers verkrag en verbrand voor hy hulle in sy erf begrawe het in Numbi Trust buite Witrivier.
Brigadier Selvy Mohlala sê Mndawe het skuldig gepleit op die klagtes in die Mpumalanga Hooggeregshof.
Polisiekommissaris, Semakaleng Manamela, en LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, het die swaar vonnis verwelkom.
10 Feb 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min