Drie vasgetrek binne ure van Mpumalanga-aanval

Loading player...
Drie verdagtes is binne ure aangekeer na hulle ‘n man gister in Ermelo gemartel en beroof het.
Volgens die polisie is dié sukses te danke aan samewerkign tussen Acsu Sekuriteit en die polisie is Mpumalanga en Gauteng.
Die 47-jarige slagoffer was op pad om ‘n kind skool toe te neem toe hulle oorval word deur die gewapende mans.
Hy is met ‘n warm strykyster gebrand voor die aanvallers met kontant, juweliersware, ‘n skootrekenaar en selfone gevlug het.
Springs polisie het die verdagtes binne ure by Etwatwa in Gauteng aangekeer.
Drie vuurwapens is gekonfiskeer, waarvan twee aan die polisie behoort.
9 Feb 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min