Mbombela polisie-eenheid sonder vervoer gelaat

Loading player...
Die werksaamhede van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in Mbombela word ernstig gekniehalter deur ʼn tekort aan voertuie.
Volgens die VF Plus se Werner Weber, het dié eenheid sedert die begin van die jaar slegs twee voertuie om vyf dorpe te bedien.
Verlede week was daar weens herstelwerk geen voertuig beskikbaar om sake te ondersoek nie.
Volgens Weber is die party se vrae oor die tekort aan polisievoertuie in die provinsie aan die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, nooit beantwoord nie.
9 Feb 2022 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min