Vier vas wat restaurant in I'langa Mall beroof

Loading player...
Vier gewapende rowers is vanoggend aangekeer nadat hulle die Galaxy Grill-restaurant in I’langa Mall beroof het.
Volgens die polisie tel ‘n voormalige polisiesersant wat in misdaadintelligensie in Mpumalanga gewerk het, onder die vier aangekeerdes.
Die mans het om ongeveer 08:00 die restaurant binne gestorm, en verskeie werknemers met kabelbinders vasgemaak en van hul selfone, skootrekenaars en kontant beroof.
Niemand is tydens die voorval beseer nie.
7 Feb 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min