Man kry lewenslank vir moord in Dullstroom

Loading player...
'n Man wat in 2019 verskeie misdade in Dullstroom gepleeg het, is gister effektief tot lewenslange tronkstraf gevonnis deur die Mpumalanga Hooggeregshof in Middelburg.
Die 32-jarige Moses Maseko het op 19 Februarie 2019, ‘n vrou doodgesteek in haar hut in Dullstroom.
Op pad polisiestasie toe vir ondervraging, het hy die polisiebeampte van sy wapen beroof en gevlug.
Hy het by ‘n huis ingebreek, waar hy deur die inwoners ontdek is en die polisie is ontbied.
Maseko het homself toe geskiet, maar het intussen herstel.
Hy is later ook gekoppel aan die roof van ‘n sakeman in Dullstroom.
Brigadier Selvy Mohlala:
2 Feb 2022 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min