'Rylopers' kaap vragmotor

Loading player...
‘n Vermeende kaper is gister in Delmas vasgetrek na hy homself as ‘n ryloper voorgedoen het en saam met ‘n makker ‘n vragmotor gekaap het.
Brigadier Selvy Mohlala sê die vragmotor was van Ermelo na Delmas op pad toe die bestuurder drie rylopers ‘n geleentheid gegee het.
Hy het die vrou by ‘n winkelsentrum afgelaai. Daarna het die mans hom gevra om te stop en die een het hom gewurg terwyl die ander hom vasgebind het met skoenveters.
Hulle het hom agterop die vragmotor onder ‘n kombers gesit.
Die polisie het hulle kort daarna gestop. Die een het te voet gevlug, en ‘n 37-jarige verdagte is aangekeer.
25 Jan 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min