NHS geëerd om interhoër aan te bied

Loading player...
Hoërskool Nelspruit bied op 26 Februarie die interhoër aan, na dié vriendskaplike atletiek-byeenkoms in 2021 glad nie kon plaasvind nie.
Hoof, Johan Hattingh, sê dit beloof om die leerlinge 'n stukkie "normaal" te bied te midde van die pandemie.
Die atlete sal na raming sowat die helfte van die toegelate 2-duisend mense opmaak, en leerlinge van die sewe hoërskole sal dan voorkeur kry vir bywoning.
Hattingh sê hulle hou duim vas dat meer mense, en ouers, teen dan toegelaat mag word.
17 Jan 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min